Behalwe die tronkgebou wat as koshuis diens gedoen het, was daar ook die ou hospitaal wat as kantoor, skool en stoor gebruik is. Die skoolgebou is in 1919 voltooi waarna die hospitaalgebou gebruik is as kantoor, stoor en kleremakerswerkswinkel. Die kleremakersafdeling het later die hele gebou oorgeneem waarna 'n snoepwinkel ook in die gebou ingerig is. Hierdie gebou is in die 1980's afgebreek om plek vir nuwe ontwikkelings te maak.
Die eerste skooldag was op Maandag 3 Maart 1913 met Eerwaarde J. Pels as die eerste huisvader (skoolhoof). Gedurende dieselfde jaar is opslaangeboue opgerig waaronder ‘n huis vir die skoolmeester, en nie lank daarna nie 4 hout- en sinkgeboue wat gedien het as werkswinkels en houtstore. In daardie jare is Stewelmakery, Kleremakery en Boerdery as ambagte aangebied.
Bo: Personeel en leerlinge in 1913.
Mnr. Hendrik J. van der Merwe (1914-1932) het op 27 Julie 1914 as skoolhoof oorgeneem. Sy enigste seun, Mnr. J. Nel van der Merwe, het hom beskryf as 'n taamlike gesette, bles man wat opregtheid uitgestraal het. Hy is op Ceres gebore en het sy opleiding as onderwyser aan die destydse Normaal Kollege in Pretoria voltooi.
Shortly after his appointment pupils began training in carpentry, bricklaying and shoe repairs as well as various academic subjects. During November 1916 the Headmaster moved into his new house called “Porter Cottage” after which the pupils were given the luxury of their first new hostel "Uitkyk". The name was later changed to "Voortrekker" and ultimately to "Voorwaarts".
During Mr. Van der Merwe's reign, the first death at the school occured when a pupil Tommy Bowley ate poisenous mushrooms (May 12, 1915), the cadet corps was formed (September 24, 1917) and rugby coached for the first time (May 1, 1918).

Die skoolgebou en die tweede koshuis (Palmhuis) is in 1919 gebou, die derde koshuis (Welkom) en die houtwerkwinkels in 1922 en die vierde koshuis (Jakaranda) in 1927. Al die leelinge wat toe nog in die ou tronkgebou gehuisves is, is na die vierde koshuis verskuif waarna die trongebou verander is in die prinsipaal se kantoor en kantore vir die klerk en magasynmeester.
Mnr. van der Merwe was 'n onverbiddelike tugmeester en het streng dissipline gehandhaaf.
Op 31 Desember 1916 teken hy die volgende aan in die skool se dagboek:
12 Midnight, the year 1916 is ended. Many blessings bestowed upon us in this work by God's grace, all worries, disappointments etc. vanished, but God's merciful blessings remained and will live on forever - Thank God. Not a life lost and very little illness during 1916 - All is well that ends well.

Mnr van der Merwe was die eerste persoon by wie daar 'n ideaal ontstaan het vir die stigting van 'n bond van oud-leerlinge. Hy is egter na sy aftrede op 29 September 1937 oorlede, en het nie die verwesenliking van sy ideaal aanskou nie aangesien so 'n Bond eers op 9 Junie 1944 gestig is.
Mnr. J.W. Luckhoff (1932 – 1936), wat verskeie jare as onderhoof gedien het, het Mnr. van der Merwe opgevolg. Waar onbuigsame dissipline voorheen aan die skool toegepas is, het hy geglo aan 'n meer buigsame benadering. Hy het 'n minsame persoonlikheid gehad en het in die welsyn van elke individuele leerling belang gestel. Op 15 Maart 1933 het hy 'n aantekening gemaak dat hy 'n tekenles van 'n onderwyser, Mnr. Steyn bygewoon het wat Mnr. Steyn verskriklik ontstel het. Op sy beurt weer, was Mnr. Luckhoff onsteld toe die Prins van Wallis met sy besoek aan George op 14 Februarie 1934 nie aan sy peroneel voorgestel is nie, ten spyte daarvan dat die skoolkadette 'n uitvoering gelewer het.
Na sy uittrede het hy hom op Worcester gevestig waar hy in 1937 oorlede is.
Dr. A.J. La Grange (1936 – 1937) wat Mnr. Luckhoff opgevolg het, was 'n opvoedkundige in murg en been. Hy het leerlinge benader op die basis dat elkeen sy eie besondere behoeftes het. Hy het karaktervorming en sosiale aanpassing in die opvoeding van leerlinge beklemtoon. Hy het 'n stelsel van leierskap en selfbestuur deur leeringe ingestel wat tot groter verantwoordelikheidsbesef gelei het. Leerlinge het deur die stelsel, wat ingesluit het koshuiskomitees en die leerlingraad, groter seggenskap gekry oor aangeleenthede wat hulle geraak het. Hy is bevorder tot Inspekteur van Skole en het daarna 'n Professor in Opvoedkunde aan die Universiteit van Stellenbosch geword. Hy is opgevolg deur Mnr. W. van der Walt (1937 – 1939) wat voortgebou het op Dr. La Grange se goeie werk, en daarna deur Mnr. G.F. Starker (1939 – 1953).
Mnr. Starker was in wese 'n demokraat wat hom daarvoor beywer het om sy leerlinge as volwaardige burgers van die staat die lewe in te stuur. Hy het daarna gestreef om vir Die Bult 'n goeie naam op te bou deur sy sosiale kontakte en invloedsfeer en deur goeie, presterende leerling aan die samelewing te lewer. Nie net is hy die vader van die skool se leuse “Vat Vas!” nie, maar ook van die skoollied se woorde en wysie. In sy tyd, gedurende Februarie 1939 is 'n vyfde koshuis “Sonop” in die dorp in gebruik geneem om leerlinge te huisves wat handelsvakke aan die Hoërskool Outeniqua gevolg het. Die bekende Ds. Solly Ozrovech is in 1945 tot Hoofleier van "Sonop" verkies saam met leiers D. van Deventer, P. Bester, W. Randall en J. Westraad. Sonop het in 1962 of 1963 gesluit en leerling wat toe aan Hoërskool Outeniqua gestudeer het, is in Voorwaarts (Koshuis 1) gehuisves.

In 1968 is Handelsvakke vir die eerste keer aan Die Bult onder leiding van Mnr. C. Halgryn aangebied en was dit nie meer nodig dat leerlinge aan die Hoërskool Outeniqua hoef te studeer het nie. Hier verskyn hy saam met sy eerste standerd 8 klas in 1968. Hy het hierdie vakrigting met trots uitgebou en uitstekende resultate bereik met sy deursettingsvermoë en toeweiding.Mnr. Starker het in 1942 die eerste "Dassieblad" die lig laat sien. Hy het baie belang gestel in die doen en late van oud-Dasse en was verheug toe 'n oud-Das Pieter Cilliers in 1944 die Oud-Leerling-Bond in Kaapstad gestig het. Hy het hulle op hoogte gehou van gebeure op Die Bult deur middel van die blad. Danksy George se besigheidsondernemings wat daarin geadverteer het, is dit jaarliks uitgegee. Oor die publikasie het hy soos volg gesê by sy afskeid:
Ons het nooit daarna gestrewe om dit 'n joernalistieke pronkstuk te maak nie, maar liewer die middel wat die band bewaar en versterk tussen Oud-Leerling en Alma Mater. Dit was die boodskapper van die jaar, en het gegaan aan elke oud-leerling wat as lid van Bond ingeskryf het.
Hy is in 1954 bevorder tot Inpekteur van Skole en na Pretoria verplaas.
Mnr. Dirk Burger (1955 - 1963) het Mnr. Starker opgevolg. Hy is op 16 Augustus 1900 in Clanwilliam gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer. Na sy aftrede het hy hom op George gevestig. Reeds in die Jaarblad van 1956 het hy die volgende filosofiese woorde kwytgeraak: As ons geloof, die fondament van ons lewensbeskouing nog stewig en vas staan, het ons vir die toekoms niks te vrese nie, maar ongelukkig het die materialisme en ongeloof reeds so 'n wurggreep op ons gekry, dat van die ware Christelike lewensbeskouing vandag nie meer veel oorgebly het nie. Hy het reeds te veel van sy invloed en lewenskrag verloor.

Met die opkoms van die Materialistiese en die ongelowige Kommunisme, wat vir ons lewenswyse en voortbestaan ontsettende gevare inhou, is dit 'n toestand wat elke regskape mens tot diepe nadenke moet stem.
Op 1 Januarie 1959 is die eerste matriekklas onder sy leiding ingestel.
Die skool se halfeeufees is op 1 Desember 1962 gevier en die brosjure hiernaas uitgegee. Die Bult was gedurende daardie tyd nog bekend as die "Hoër Nywerheidskool/High School Of Industries, George". Die geleentheid is bygewoon deur 600 gaste op die grasperk voor die ou skoolsaal, voordat dit toegebou is.
Leerlinge 1962
Mr. Burger is opgevolg deur Mr. J. Kaldenburg (1964 - 1965) waarna Mnr. G.H.J. Krüger (1966 - 1984) se era aangebreek het. Hy was die langsdienende skoolhoof. Mnr. Krüger was 'n ywerige skoolhoof wat hom beywer het vir die skool en sy leerlinge. Hy het die kuns vervolmaak om die lat, wat hy uiters spaarsamig gebruik het, effektief te swaai. Menige leering het al gewonder hoekom 'n pak by hom seerder was as by ander onderwysers. Hy het op die Afrikaanse Kultuurraad van George asook op die raad van die George museum gedien. Dit is aan hom te danke dat die administratiewe kantoor tot 'n Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar is en die skool se naam in 1966 verander is na Hoërskool/High School "Die Bult". Saam met die verandering het natuurlik 'n nuwe kleurbaadjie en skoolwapen gekom. Dit is die rede waarom daar twee skoolwapens by die profiel op hierdie tuiste verskyn. (Die een links bo is die oue, en die een regs bo die nuwe). Dit is gedurende Mnr Krüger se tyd, op 4 Januarie 1970 dat een van seker die gewildste onderwysers wat die skool ooit gehad het, op die ouderdom van 40 jaar tydens sy vakansie, oorlede is aan 'n hartaanval. Hy het op daardie stadium pas die skool verlaat. Mnr. H.C. Hopkins of "Hoppie" soos wat hy alombemind bekend was, is op 4 Augustus 1929 gebore en het geleef vir die Dassiebult. Hy het in 1955 uit Heidelberg, Transvaal as onderwyser in Liggaamlike Opvoeding op Die Bult aangekom. Hy was vanaf 1955 tot in 1969 toe hy die skool verlaat het, die afrigter van Die Bult se Eerste en Tweede rugbyspanne. Menige oud-Das kan getuig van die hale op hulle basse as hulle nie tydens rugbyoefeninge hulle volle gewig ingegooi het nie. Hoppie het 'n blywende indruk op almal gemaak wat met hom te doen gehad het. Dit was sy lewenstaak om te sorg dat die regte opvoeding aan leerlinge gegee word.
Só het Mnr. Colin Halgryn, self 'n oud-Das en oud-onderwyser, hom onthou tydens sy afskeids toespraak op 2 November 2000 by die finale sluiting van die skool: Oorlede Hoppie se motto was altyd: 'Hoe meer en beter mielies jy in die beste grond sit, hoe groter sal die oes wees'. In dieselfde toespraak verwoord Mnr. Halgryn die sentimente van elke oud-Das wat die voorreg gehad het om Hoppie te ken: Veral 'n groot dankie aan seker die wonderlikste mens met wie my paadjie kon kruis - oorlede oud-onderwyser Collin Hopkins (oorlede op 40 jarige ouderdom in 1970). Hoppie, jy het my en soveel ander Dasse geïnspireer met jou sprankelende en belangstellende geaardheid. Jy het van ons manne gemaak. Jy het aan ons selfrespek en selftrots gegee. Jy moet sekerlik die wonderlikste onderwyser gewees het wat Liewe Jesus hier op aarde geplaas het. Baie dankie dat jy ook op Dassiebult was.
Hoppie het sy erflating aan die skool bemaak. 'n Trust is daarmee geskep wat tot voordeel van die leerlinge aangewend is. Tot eer van sy nagedagtenis is die skoolsaal wat na sy dood gebou is, na hom vernoem. Niemand wat vir Hoppie geken het, sal hom ooit vergeet nie. Sy ontydige dood was 'n groot verlies, maar gelukkig staan sy monument nog daar en sal sy naam altyd bly voorleef.
Berig in "Die Burger" van 5 Januarie 1970.

In 1968 is 4 leerlinge wat deur Hoppie afgerig is, tot die SWD skolespan gekies. Hulle is bo vlnr: Rowan Koen (haker), Peet Johnson (slot), Kerneels Botha (slot) en Kobie Meiring (stut). Voor sit onder andere links Mnr. Coertzen (Onderhoof) en middel Mnr. Krüger.
Op 25 Oktober 1980 het 'n brand in die skoolgebou uitgebreek wat byna driekwart van die gebou, waaronder die ou skoolsaal, in puin gelê het. Dit het ook die einde beteken van die ou geskiedkundige kloktoring op die dak van die skool aangesien dit nooit herstel kon word nie.

Na aan die einde van sy tydvak aan Hoërskool Die Bult het Mnr. Krüger die volgende geskryf in die tydskrif "Opvoeding En Kultuur" van September 1982: Vandag probeer ons elke kind in sy totaliteit ontwikkel. Deur loopbaangerigte ontwikkeling van hand en verstand, die daarstelling van gesonde godsdienstige, morele en sosiale belewenis en die opbou van 'n gesonde liggaam deur voorligting, korrekte voeding, oefening en spel, word elke seun in staat gestel om hom as nuttige en eerbare landsburger te bekwaam.
After his service at Die Bult Mr. Krüger was promoted and transferred to Pretoria. He passed away a week after his birthday on November 24, 1986.
He was succeeded by Mr J. Blom (1985-1996). He has been residing in Worcester since his retirement.A Commemorative Brochure to commemarate the school's 75th year of existence was issued in 1987. In his message Mr. Blom wrote the following: Die vyf-en-sewentigste bestaanjaar van enige instelling is werklik 'n geskiedkundige en gedenkwaardige mylpaal. By hierdie geleentheid word hulde gebring aan elke oud- en huidige personeellid en leerling wat help bou het aan die Hoërskool Die Bult en die rype tradisie daarvan.
Dit is 'n voorreg om in die opvoeding verbonde te mag wees en te meer so in die besondere verband daarvan aan die Hoërskool Die Bult.
Dassiebult is truly a worthy and proud institution. On behalf of every present and past pupil and member of staff, I wish to express our sincere appreciation to the George community in particular for supporting us so loyally over the years. We thank you for caring about our boys and showing genuine interest in their wellfare. Above all we thank our Heavenly Father for entrusting us with the important task of guiding our pupils to physical and emotional maturity.
In 1985 is die administrasiegebou gerestoureer en op luisterryke wyse ingewy. Tydens die inwyding het daar ook 'n reünie van oud-Dasse plaasgevind waarvan die foto's by skakel 26 op die hoofblad verskyn.
Gedurende mnr. Blom se hoofskap is koshuis 4 (Jakarandahuis) afgebreek en om een of ander rede nooit herbou nie. Dit is ook gedurende sy tyd dat drie nuwe koshuise naamlik Olien, Kalander en Karee gebou is.
Mnr. Blom is opgevolg deur Mnr. Jerry Burger (1997-1998), wat opgevolg is deur Dr. Lourens Kriel wat sedert 1999 as hoof waargeneem het totdat die skool aan die einde van 2000 gesluit het.Die Personeel van 1999, kort voordat die skool finaal gesluit het.